Oor die Slimkoppe reeks

Oor die Slimkoppe reeks

Die Slimkoppe reeks bevat relevante, Suid Afrikaanse opvoedkundige materiaal wat ontwikkel is volgens die Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring (KABV) .
Die reeks is gemik daarop om jong kinders se vaardighede in tale en Wiskunde op 'n pret, interaktiewe manier te ontwikkel. Die reeks bestaan uit Werkboeke, Vaardigheids- boeke, Oefentoetse, gegradeerde leesboekies, aanlyn werkkaarte, flitskaarte, blogs, speletjies en vele meer.


Om meer uit te vind oor die Slimkoppe reeks, klik hier om na die Katalogus bladsy te gaan.

Ons dink jy sal mal wees oor die Slimkoppe reeks omdat: 
  • Slimkoppe werkboeke is geskryf deur ervare Suid Afrikaanse onderwysers.  
  • Die produkte is ontwikkel volgens die nuutste Suid Afrikaanse kurrikulum.  
  • Die produkte is maklik om te gebruik, so jy weet presies wat verwag word van jou kind vir elke aktiwitiet. 

Vir die kind:
  • Jou kind sal uitsien om die ekstra werk in hierdie helder en pragtig-geillustreerde produkte te doen. Daar is ook ekstra sertifikate en sterkaarte om af te laai en by die huis te gebruik. 
  • Jou kind kan ook ekstra aanlyn aktiwiteite doen, soos flitskaarte, werkkaarte en toetse in Wiskunde, Engels en Afrikaans. 

Vir die ouer of onderwyser:
  • Ons wenke vir Ouers en Huiswerkhulp blogs bevat advies, inligting en wenke om ouers en onderwysers te help met onderrig. 
Ons hoop dat jy en jou kind dit geniet om die Slimkoppe produkte te gebruik. Kontak ons asseblief as jy enige terugvoer of voorstelle het. Ons hoor graag van jou!