Grade 5 Adding 4-digit numbers |

Grade 5 Adding 4-digit numbers

Drie verskillende maniere om 4-syfer getalle bymekaar te tel
Daar word verwag dat kinders teen Graad 5 verskillende maniere kan gebruik om nommer probleme op te los. Ons vind gewoonlik dat ’n kind gemaklik is met een manier en dit gebruik om elke probleem korrek op te los.
Die vrae in eksamens en toetse vra egter dat die probleem opgelos moet word deur die gebruik van ’n spesifieke metode. Dit is hoekom u kind moet weet hoe om elke metode te gebruik, al gebruik hulle die meeste van die tyd hul gunsteling een.
Kom ons kyk na hierdie probleem: 3 362 + 2 486 = ?.
Ons kan dit oplos deur een van hierdie metodes te gebruik. Elkeen kom uiteindelik op dieselfde antwoord neer.
Metode 1: Breek beide nommers op
Deur hierdie metode word albei 4-syfer getalle afgebreek in hul plekwaardes.
3 362 + 2 486
= (3 000 + 300 + 60 + 2) + (2 000 + 400 + 80 + 6)
= (3 000 + 2 000) + (300 + 400) + (60 + 80) + (2 + 6)  → Tel dieselfde plekwaardes by mekaar.
= 5 000 + 700 + 140 + 8
= 5 000 + 800 + 40 + 8
= 5 848
Metode 2: Breek die tweede nommer op en tel dit in stukkies by mekaar
Met hierdie metode word slegs die tweede 4-syfer nommer afgebreek. Tel elke plekwaarde een op ’n slag bymekaar.
3 362 + 2 486
= 3 362 + (2 000 + 400 + 80 + 6)
= (3 362 + 2 000) + 400 + 80 + 6
= (5 362 + 400) + 80 + 6
= (5 762 + 40) + 40 + 6  → Breek ’n nommer op om die volgende 10e , 100e of 1 000e op te maak.
= 5 802 + 46
= 5 848
Metode 3: Deur kompensasie
Ons gebruik die wet van kompensasie om een van die nommers makliker te maak om bymekaar te tel. Ons doen dit deur by een nommer op te tel, en deur dieselfde getal van die ander nommer af te trek.
3 362 + 8 ⇒ 3 370 + 30 ⇒ 3 400
2 486 – 8 ⇒ 2 478 – 30 ⇒ 2 448
3 362 + 2 486 ⇒ 3 400 + 2 448
= 5 848