Blogs

Graad R, Graad 1, Graad 2
Watter boeke is die beste?
Daar is so baie keuses van kinderboeke beskikbaar – wonder jy watter die beste vir jou kind sal wees? Hier is ’n paar eenvoudige riglyne om jou te help om die beste boeke vir jou kind te kies.
 
Die hele doel daaragter om vir jou kinders boeke te gee om te lees en om vir hulle te lees, is om te sorg dat hulle van lees sal hou. Die belangrikste ding om dus te onthou wanneer jy boeke vir jou kind kies, is dat wat ookal dit is wat jou kind wil lees, dit die beste ding vir hom of haar is om te lees. Moet nie bekommerd wees oor of die boek op die “regte” leesvlak is of oor ’n “geskikte” onderwerp of goed geskryf is nie – ’n “goeie” boek is enige boek wat jou kind wil lees! Dit is die belangrikste riglyn van almal! 
 
Die gegradeerde leesboeke wat kinders by die skool as deel van hul leeslesse kry, is ontwerp om eenvoudig te wees – veral die eerste boeke in die reeks. Dit beteken dat hulle minder gevarieerde taalgebruik en woordeskat as ander storie boeke het. Goeie leesboeke by die skool is ’n goeie middel vir onderwys en om jou kind te leer lees, maar op hul eie is hulle nie genoeg nie. Kies storie boeke of interessante inligtingsboeke om vir jou kind ’n ryker, meer gebalanseerde leeservaring te gee wanneer jy vir hulle lees. 
 
Probeer om vir jou kinders die wydste moontlike keuse van boeke te gee. Gereelde besoeke aan boekwinkels en die biblioteek is ’n wonderlike manier om vir hulle aan baie boeke bloot te stel. Neem kennis van watter boeke hulle in belangstel en koop of leen hierdie tipe boeke. Jy mag dalk ook jou kind wil aanmoedig om ’n nuwe boek te kies wat hulle nog nooit tevore gesien het nie. Dit is ’n goeie idee, maar onthou dit is ook ’n risiko – jou kind mag dalk glad nie van die storie hou nie!
 
Wat as jou kind regtig nie van boeke hou nie? Probeer ander vorms van leesmateriaal soos tydskrifte, strokiesprente en stories wat jy op die rekenaar of kindle aflaai.
 
Dit is eenvoudig: kinders leer om te lees deur baie te lees so wat ookal ons vir hulle gee om te lees, moet hulle aanmoedig om meer te lees! 
Graad R, Graad 1, Graad 2
Wenke vir hardop lees
Deur hardop vir jou kinders te lees, help om hul taal te verryk, ontwikkel hul verbeeldings en ontwikkel hul geletterdheidsvaardighede. Wanneer kinders dit geniet as iemand vir hul lees, word hulle gereelde lesers. Dit is dus belangrik om lees iets te maak waarna u kind uitsien! Hier is ’n paar idees: Vind... Lees die artikel
Graad R, Graad 1, Graad 2
Maak lesers groot
Almal weet hoe belangrik dit is vir ons kinders om te leer lees en skryf. Ons vertrou gewoonlik in ons kinders se skole om vir hulle hierdie vaardighede te leer, maar as ouers het ons ook ’n belangrike rol om in ons kinders se geletterdheid te speel. Ons rol is nie om vir ons kinders te leer lees nie, maar om hulle in... Lees die artikel
Graad R, Graad 1, Graad 2
Hoe kinders leer om te lees: in ’n neute-dop
Dit is maklik vir ouers om oorweldig te voel deur al die raad wat ons kry oor hoe om ons kinders te help om te lees! Dit voel asof almal vir ons vertel wat om te doen. Dit is egter dikwels vir ons meer belangrik om te weet hoe kinders leer om te lees. Hier is die mees belangrikste dinge wat... Lees die artikel
Graad R, Graad 1, Graad 2
Hulp vir lesers wat sukkel
Onthou jy hoe jy geleer lees het? As jy dit maklik gevind het om as kind te leer lees, is die kanse goed dat jy niks daarvan sal onthou nie! As jy egter met iemand praat wat gesukkel het om te leer om te lees, kan hulle moontlik elke besonderheid onthou. Hoe kan jy dus vir jou kind wat sukkel om te leer lees, help... Lees die artikel
Graad R, Graad 1, Graad 2
Moedig geletterdheid by die huis aan
Die huis is die ideale plek vir kinders om te leer oor hoe ons lees en skryf gebruik om dinge gedoen te kry, maar dat ons dit ook vir plesier gebruk. Gebruik hierdie eenvoudige idees om u huis in ’n plek van geletterdheid te verander!
1. As jy wil hê dat jou kinders geletterd moet wees... Lees die artikel