Hier’s ’n paar Slimkoppe uit die regte lewe besig om . . . wel . . . regte Slimkoppe te wees. Word lid van die groeiende Slimkoppe-familie en stuur vir ons ’n foto van jouself waar jy besig is met jou gunsteling-Slimkoppe-aktiwiteit. Of teken ’n prent van jouself of een van die Slimkoppe en e-pos dit aan ons sodat ons dit op hierdie blad kan plaas waar jou ander Slimkoppe-broers en –susters dit kan sien.































