Slimkop-Ouers

Welkom as ‘n Slimkop-ouer! Die Slimkoppe-reeks is ontwikkel vir ouers wat ernstig is oor  hul kinders se leerontwikkeling en wat alles in hulle vermoë sal doen om die leerproses tuis te ondersteun. Die werkvelle in die Slimkoppe-werkboeke is van hoogstaande opvoedkundige gehalte. Die reeks is spesiaal ontwerp vir Suid-Afrikaanse kinders en fokus veral op die ontwikkeling van vaardighede in Geletterdheid en Gesyferheid. Hier is ’n paar van die redes waarom ons oortuig is jou kind sal groot baat by hierdie werkboekreeks vind.

  • Die Slimkoppe-werkboeke is deur ervare Suid-Afrikaanse onderwysers geskryf.
  • Jy kan gerus wees dat die werkboeke heeltemal versoenbaar is met die Suid-Afrikaanse kurrikulum.
  • Jy sal jou kind nie hoef te soebat om ekstra werk te doen in hierdie helder, pragtig geïllustreerde boeke met plakkers, oefenbladsye en sertifikate nie.
  • Die boeke is maklik om te gebruik. Jy sal presies weet wat op elke bladsy van jou kind verwag word.
  • Agterin in elke boek is antwoorde, asook notas wat jy kan raadpleeg om te sien hoe goed jou kind vaar en wat jy nog kan doen om hom/haar te help.
  • As jy enige ander vrae het oor jou kind se onderrig, byvoorbeeld oor wat hy/sy op skool behoort te doen en hoe jy tuis kan help, kyk na ons Vrae-blad.
  • In die Aflaai-afdeling vir ouers is daar ‘n nuttige woordelys wat jy kan aflaai. Dit bevat ’n uiteensetting van die opvoedkundige terme wat tans in skole gebruik word. Ons het op hierdie blad ook ekstra sertifikate en sterkaarte geplaas wat jy kan aflaai om jou kind tuis vir goeie werk te beloon.

Ons hoop jou kind werk lekker in die Slimkoppe-werkboeke, en dat jy groot bevrediging sal put uit sy/haar vordering. Kontak ons asseblief as jy enige kommentaar of voorstelle het. Ons wil graag van jou hoor.