Gunsteling-Speelgoed:
Enigiets wat met tegnologie te doen het. My koelste besittings is my MP3-speler, Playstation en my koel selfoon (dis een wat my pa nie meer gebruik nie, maar nog steeds baie koel!). En my rugbybal met John Smit se handtekening op. O ja, en die fantastiese nuwe boek oor Suid-Afrikaanse rugby wat my pa nou die dag vir my gekoop het: Speel rugby.