Onderwysers

Welkom by Slimkop-onderwysers. Slimkoppe-werkboeke bevat top-gehalte werkvelle wat ontwerp is vir Suid-Afrikaanse kinders. Die reeks mik om jong leerders se vaardighede in Geletterdheid en Gesyferdheid te ontwikkel op 'n prettige en interaktiewe manier. Hier is 'n paar redes hoekom ons dink die Slimkoppe-werboekreeks is net reg vir jou:

  • Jy kan dit in die klas gebruik of as huiswerk voorskryf.
  • Die reeks dek die Leeruitkomstes en Assesseringstandaarde van die Nasionale Kurrikulum Verklaring.
  • Die reeks is splinternuut en geskryf volgens die Grondslag vir Leer-mylpale.
  • Slimkoppe-werkboeke is geskryf deur ervare Suid-Afrikaanse onderwysers.
  • Elke werkboek is ontwerp sodat leerders baie geleenthede kry om hulle vaardighede te beoefen en ontwikkel.
  • Daar is genoeg ruimte vir leerders om hulle anwoorde neer te skryf.
  • Onderwysers het 'n rekord van elke leerder se vordering in een boek.
  • Al die kurrikulum inligting wat jy benodig is in eenvoudige tabelle op hierdie webtuiste.
  • Ons het een soort aktiwiteit gekies per bladsy met duidelike instruksies sodat die leerder presies sal weet wat om op elke bladsy te doen.
  • Daar is pragtige volkleur illustrasies op elke bladsy.
  • Die werkboeke sluit plakkers en skoonvee-oefenbladsye in.
  • Ons het temas gekies waarby leerders aanklank sal vind, byvoorbeeld sport, ruimte, speelgoed, bak, krale, diere en speeltyd.

Ons hoop jy dat jy en jou leerders die voordele van die gebruik van die Slimkoppe-werkboeke geniet. Kontak ons as jy enige kommentaar of voorstelle het.