Nilah

Hierdie is Nilah. Kliek hier om meer oor haar uit te vind
Ouderdom: 
12
Graad: 
6
Gesin: 
Ek woon saam met my ma, sussie, tannie, twee niggies, my ouma en my oupa. Ek is baie lief vir my groot, vrolike familie – al raak die huis partykeer ’n bietjie besig. As dit gebeur, soek ek ’n stil hoekie iewers om net ’n slag alleen te wees.
Troeteldiere: 
Marmelade, die slimste kat in die wêreld, het my aangeneem. Wanneer dinge te dol gaan by ons huis, sluip sy weg na Jody-hulle toe en gaan lê op ’n stil plekkie. Jy kan maar sê ons deel haar!
Taal: 
Engels en ’n bietjie Afrikaans, Zoeloe en Hindi
Gunsteling-Kos: 
Samoesas, jellielekkers en vrugtesap
Gunsteling-Klere: 
Ek hou van regte meisieklere. Ek dra graag rompe en toppies, oorbroeke en enigiets pienk of ligpers!
Gunsteling-Skoolwerk: 
Kuns, musiek, dans en opstelle skryf
Gunsteling-Speelgoed: 
My nuwe esel en spesiale kunspapier, verf en potlode. En natuurlik my helderpienk elektriese kitaar!
Ek Hou Van: 
Teken, skilder, skryf, lees en fliek