Graad R - 3

Leer kan vet pret wees met Slimkoppe se Afrikaans en Wiskunde-werkboeke vir Graad R tot 3!
Welkom by ons Slimkoppe-blad vir die Grondslagfase. Volg die skakels om wenke en aktiwiteite af te laai wat spesiaal vir kinders in Graad R tot 3, hul ouers en onderwysers bedoel is. Klik op die karakters onderaan die blad om meer oor hulle uit te vind. Blaai deur ons katalogus om al die prettige en opwindende Slimkoppe-produkte te sien wat Pearson ontwikkel het om van elke kind ’n Slimkop te maak!

Het jou kind nog oefening nodig in sekere vaardighede? Kyk gerus na ons vaardigheidswerkboeke vir Graad 1 tot 3. Die boeke is volgens moeilikheidsgraad ingedeel sodat jou kind algaande sy of haar vaardighede en selfvertroue kan opbou.

Ons wil graag weet wat jy van Slimkoppe dink. Klik hier om jou kommentaar of vrae aan ons te e-pos.